'
Tuisblad
agtergrond
Hierdie is die amptelike webtuiste van Die Bybel in Afrikaans: 'n direkte vertaling.

Soos die vertaling vorder, sal meer inligting hier verskyn.


Klik op 'n vraag hieronder om die antwoord te lees.
 

waarom word daar weer 'n nuwe vertaling in Afrikaans gemaak?

Verskeie sake het 'n rol gespeel by die besluit om 'n nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans voor te berei. Die belangrikste oorwegings was die volgende: In Afrikaanssprekende kerke is daar die behoefte vir 'n Bybelvertaling wat sterker aansluit by die bronteks (dit wil sê die Hebreeuse,...
Lees meer...

wie het die opdrag geformuleer?

Die Kerklike Advieskomitee wat namens alle kerke wat die Afrikaanse Bybel gebruik die Bybelgenootskap van Suid-Afrika adviseer oor sake wat die Bybel in Afrikaans raak, het die Bybelgenootskap in 2004 versoek om ’n nuwe vertaling van die Bybel in Afrikaans voor te berei. Dit het gebeur na jare va...
Lees meer...

wat is die vertaalopdrag waarvolgens die vertalers te werk gaan?

"Skep ’n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik." Hierdie opdrag is verder omskryf as ’n vertaling wat ’n getroue weergawe van die betekenis van...
Lees meer...

wat is 'n direkte vertaling?

'n "Direkte" vertaling is 'n tegniese term wat ontleen is aan die begrip "direkte rede". Wanneer 'n spreker se woorde "direk" aangehaal word, impliseer dit die spreker se presiese woorde. 'n Direkte vertaling streef daarna om die bronteks van die Bybel op so 'n manier te vertaal asof die Hebreeuse...
Lees meer...